OLYVENSTRAAT
Renovation & Heritage
Hierdie woning uit die veertigerjare is vernuwe deur die sloping van die konyne-nes van gangetjies en klein vertrekke aan die agterkant en toevoeging van ‘n ruim oopplan leefarea en veranda, wat privaat en noord uitleef, in die plek daarvan. Die eenvoudige vooraansig van die huis verklap daarenteen nie die eietydse styl van die vernuwing nie.